Congregation / Gemeente Profiel

ESTABLISHED/GESTIG

14 APRIL 1963

PHYSICAL ADDRESS/FISIESE ADRES

JASMIN STREET,  BREIDBACH, KING WILLIAMS TOWN

CONTACT  DETAILS
KONTAKBESONDERHEDE

SUS MYRNA ANTHONY
TELEPHONE/CELL NR
 
EMAIL/EPOS

Service Times / Dienstye

SUNDAY SCHOOL /  SONDAGSKOOL

09H00

SUNDAY MORNING SERVICE / OGGENDDIENS

10H00

PRAYER MEETING /  BIDUUR

WEDNESDAY 19H00

CHOIR PRACTICE /  KOOROEFENING

WEDNESDAY 19H00

YOUTH DEPARTEMENT / JEUGDEPARTEMENT

FRIDAY 19H00

WOMEN’S DEPARTMENT / VROUE DEPARTEMENT

THURSDAY 19H00

PROTEA MEN SOCIETY/PROTEA MANNEBOND

CATECHISM CLASSES / KATKISASIE KLASSE

Dagbestuur

Voorsitter:           

O/voorsitter:         Br. Isaac Carelse

Skriba:                   Sr. Merna Anthony

Hulp Skiba:           Sr. Belinda Adams

Tesourier:              Sr. Olga Anthony

Hulp Tesourier:    Sr. Leona Adams

Gemeente Kalendar

Kerkraad

Vrouebediening

Protea Jeug Vereniging

Finanskomitee

Kerkkoor

Sondagskool

Raad van Trustees

Mannebond

Diakensraad

Geskiedenis van die Gemeente

Gestig 14 April 1963 onder die naam Volkskerk van Afrika, King William’s Town. Kort na die stigting van die VVA Oos-Londen op 08 Julie 1962, lê wyle Br. Louis Fritz ‘n besoek af te Oos-Londen. Hy woon ‘n diens by te Cambridge, waarna hy in gesprek tree met wyle Ds. I. Mc Quena en ander rakende die leerstellinge en ander informasie in verband met die kerkgenootskap. Br. Fritz keer terug na King William’s Town met ‘n diepe oortuiging dat hy deur die genade van Onse Heer, hom moet skaar by die genootskap. ‘n Reeks ontmoeting vind plaas tussen hom en wyle Ds. I. Mc Quena en meer van die breër gemeenskap van King William’s Town stel belang, grotendeels omdat wyle Br. Fritz gesien was as ‘n godvresende persoon.

Uiteindelik word daar besluit om deel te word van die genootskap van die Volkskerk van Afrika en op Sondag 14 April 1963, onder groot geesdrif word die Volkskerk van Afrika King William’s Town in die“Weir Hall”gestig. Verteenwoordigers van binne en buite die genootskap kom van heinde en verre om saam met die gemeente te King William’s Town hierdie blye historiesie oomblik te kon meemaak.

Die stigtersrede op hierdie geskiedkundige dag word waargeneem deur Ds. A.P. Hector en onder die sprekers het getel Di. B.J.E Appollis, L.T. Rousseau asook die burgermeester van King William’s Town, Mnr. H. Alpenstein. 52 lidmate en 15 katkisante onder die naam van die“Christen Strewers”van King William’s Town was ingelyf in die Volkskerk van Afrika King William’s Town. Onmiddellik na die inlywing tot die gemeenskap ontstaan die probleem van huisvesting. Dié word spoedig opgelos deurdat Br. L. Fritz wat ‘n buitegebou op sy grond afstaan vir die gebruik van die kerk.

Met eie hande omskep hy die gebou tot ‘n aanneemlike kerk. Die gemeente was behulpsaam met die aankoop van boumaterial en die geldelike steun het dit moontlik gemaak om skepping te laat geskied. Terwyl daar onderhandel is vir ‘n verband vir die verkryging van die perseel en die gebou, ontslaap die waardige volksman, kort daarna sy eggenote en ook Ds. I. Mc Quena. Die gemeente vergoed vir die gebruik van die gebou.

Die eerste amptenare en komiteelede was as volg:

DiakensBrs. L. Fritz, J.P. Jurie, J. Anthony, H.G. Adams, A. Stanton, D. Kleinhans
OndervoorsitterBr. L. Fritz
SekretarisBr. H.J. Adams
TesourierBr. P.J. Jurie
BewaarhebbersEerw. I. Mc Quena, Brs. L. Fritz & P.J. Jurie
KosterBr. George Speelman
KoorleierC.E. Adams
Sondagskool Sup.Sust. R. Jagers
ArmsorgkomiteeSust. C. Fritz, E. Jurie, S. Anthony, C.E. Adams, L. Stanton en E. Kleinhans
BoukomiteeBrs. P. Groep, H. Kemp en M. Arends
OuditeureBrs. D. Klaasen en G. Hill

Met die verloop van die jare word daar besluit om met die bou van ‘n kerk te Breidbach te begin. Harde werk het hiermee gepaard gegaan en op Saterdag 28 November 1987 word die hoeksteenlegging gedoen deur Ds. S. Adams (destyds vise-superintendent) bygestaan deur Ds. I.L Daniels. Op Sondag 30 April word die nuwe kerk te Breidbach ingewy deur Ds. J.A Classen (Ere Superintendent) en Ds. S. Adams (Vise-Superintendent). Br. M. Arend oorhandig die kerksleutels aan die Ds. J.A. Classen om die kerk se deure te ontsluit in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.