Congregation / Gemeente Profiel
ESTABLISHED/GESTIG
2018
PHYSICAL ADDRESS/FISIESE ADRES
CONTACT DETAILS
KONTAKBESONDERHEDE
EMAIL/EPOS
elijakim@volkskerkvanafrika.org
revabels@gmail.com
Service Times / Dienstye
SUNDAY SCHOOL / SONDAGSKOOL
09H00
SUNDAY MORNING SERVICE / OGGENDDIENS
10H00
PRAYER MEETING / BIDUUR
–
CHOIR PRACTICE / KOOROEFENING
–
YOUTH DEPARTEMENT / JEUGDEPARTEMENT
WEDNESDAY 17HOO
WOMEN’S DEPARTMENT / VROUE DEPARTEMENT
THURSDAY 16H30
PROTEA MEN SOCIETY/PROTEA MANNEBOND
–
CATECHISM CLASSES / KATKISASIE KLASSE
WEDNESDAY 16H00
Dagbestuur
Voorsitter: Ds. Colin Abels
O/voorsitter: Br. Abraham Oosthuizen
Skriba: Sr. Elsie Frans
Hulp Skiba: Sr. Sharmanda Damons
Tesourier: Br. Gilmore Abels
Hulp Tesourier: Sr. Marcha Van Coller
Gemeente Kalendar
Kerkraad
Vrouebediening
Protea Jeug Vereniging
Finanskomitee
Kerkkoor
Sondagskool
Raad van Trustees
Mannebond
Diakensraad
Geskiedenis van die Gemeente
Die kerk het uit Elieser Evangelical Fellowship of Congregational Church, wat hoofsaaklik uit broederband aktiwiteite bestaan het, ontstaan. ‘n Klein groep hoofsaaklik Afrikaanssprekende het op Sondag, 4 Desember 2005, te Springbokstraat 25, as ‘n huisbediening onderleiding van die Heilige Gees en leierskap van Eerw. Colin Abels van die gemeente afgestig.
Dieselfde jaar word Eliakim (God Raises Up) Free Congregational Church as ‘n nie winsgewende organisasie (‘n onafhanklike geloofsgemeenskap), met die visie “From Faith to Practice, From Neighborly love to implementation” geregistreer. Die geloofgemeenskap het geglo dat jou geloof in dade omgesit moet word en dan ook vandaar, dat die Eliakim Community Based Foster Home & Development Centre haar ontstaan gekry het. Die barmhartigheidsuitreiking is dan ook op Matt.25:35…”As julle dit aan die geringstes nie gedoen het nie, dan het julle dit aan My nie gedoen nie”… gebaseer.
‘n Preekuitsnding, op RSG en waargeneem deur Dr. Donald J. Katts, die voormalige Moderator van die Volkskerk van Afrika, ontlok/ontketen ‘n intense belangstelling in Eerw. Colin Abels om meer van die genootskap te wete te kom.
Die Volkskerk van Afrika van Eerw. Joseph John Henry Forbes en die stigters het getoon en toon steeds ‘n kerk van mense te wees: beheer deur mense, vir die mense onderleiding van Jesus Christus as hulle Hoof, wat sterk gekant was en is teen enige vorm van segregasie, onderdrukking, ongelykheid en diskriminasie. Die VvA onder hul leiding was oorgehaal om te help, mekaar te help en self-te-help. Dit was ‘n geloofsgemeenskap wat as sosiale beweging begin is om veral die morele en sosiale uitdagings van die dag, aan te spreek, op te los en aan te spreek. Dit was en is ‘n geloofsgemeenskap van mense wat hul geloofsoortuigings prakties gedemontreer het, deur byvoorbeeld opte staan vir geregtigheid, met oorgawe te gee vir Sy saak, met geloof en vertroue barmhartigheidsdiens aan hul naaste, na mekaar en weduwees en wese omgesien het.
Geloof in aksie gerig op die wen van siele en morele herlewing waarna ons in hierdie dag wil strewe. Dit is waartoe die geloofsgemeenskap en Leraarspaar, hulle self wil verbind tot die uitbreiding van Sy koninkryk op aarde en die ondewerping in gehoorsaamheid aan Sy wil te Graaff-Reinet.